Die verhouding tussen ouers en kinders met intelektuele en/of liggaamlike gestremdheid

Aanhouwen Somerset-Wes

15 Oktober 2015

 Inleiding: Ons praat oor ‘n verhouding

As ons oor ‘n verhouding praat tussen twee partye – ouers en kinders – is dit belangrik om te besin oor wat jou persepsies wat jy het oor jouself, oor jou kind en oor die verhouding.

 Hoe sien jy jou kind?

Opdrag: Dink vir ‘n paar minute aan die woorde wat by jou opkom wat jou kind beskryf.

Gevaar van ‘n enkelvoudige storie – ons beperk die individu sodat hy of sy nie eintlik anders as dit kan wees nie, op maniere al hoe meer raak soos daardie enkelvoudige storie hom of haar beskryf.

Voorbeelde

Hoe sien jy jouself?

Opdrag: Hoe sien jy jouself? Hoe sal jy jouself beskryf? Hoe is dit vir jou om ouer van ‘n gestremde kind te wees?

Nie goed om jouself net as ouer van ‘n gestremde persoon te sien nie. Verarm jou storie oor jouself. Ons is veel meer as dit. Ons moet ook ruimte maak om die ander dele van ons identiteit te ontwikkel.

Hoe sal jy die verhouding tussen jou en jou kind geskryf?

Hierdie is ‘n bietjie moeiliker. Ons praat nie gewoonlik verhoudingstaal nie. En tog,as ons en die persoon met wie ons in ‘n verhouding staan die verhouding baie verskillend sien, sal mens dalk spanning beleef.

Bv jy as ouer sal dalk sê dis ‘n verhouding van “sorg en beskerming”. Hierdie selfde verhouding mag dalk deur jou kind beskryf word as “beperkend en oorheersend”. So ontstaan spanning, want hoe meer jy dus uitdrukking gee aan beskerming hoe meer rem hy/sy weg daavan om ingehok of ingeperk wees!

Dit verminder spanning as mense min of meer ooreenstemmende beskrywings vir verhoudings kan onderhandel.

 Eise wat ‘n kind met gestremdheid stel aan ouers en aan ‘n gesin

    • Fisiese eise van versorging is hoog, veral in die geval van liggaamlike gestremdheid en kan baie tyd en energie verg. Soos ouers ouer raak neem fisiese kragte af en neem die fisiese eise wat die gestremde kind se versorging verg baie keer toe. Alles neem langer, alles moet fyn beplan word, alles moet dubbeld gedoen word.
    • Beperk die gesin se lewe omdat gestremde mense nie aan alle aktiwiteite kan meedoen nie. As daar uitstappies beplan word moet die behoeftes van die gestremde persoon altyd in ag geneem word. Alles is meer moeisaam en tydrowend en verg meer beplanning sodat mens later selfs wonder of ‘n uitstappie enigsins nog die moeite werd is.
    • Mediese versorging is dikwels uitdagend omdat persone met gestremdheid soms makliker siek word en dan nog meer versorging nodig het. Dit kan veroorsaak dat ouers min slaap kry en baie moeg raak.
    • Voltydse en lewenlange verantwoordelikheid – anders as ander kinders wat grootword en meer en meer onafhanklik word, bly gestremde persone lewenslank van versorging en sorg afhanliklik. Dit kan ouers ook bekommer in terme van hul eie sterflikheid en wat van hul gestremde kind sal word.
    • Sosiale isolasie – nie alle vriende en familie of lede van die publiek is ewe gemaklik met die teenwoordigheid van ‘n gestremde persoon nie en nie alle fasiliteite of aktiwiteite is toeganklik of gerieflik vir gestremde persone nie. Dit kan veroorsaak dat ouers met gestremde kinders voel hulle is afgeskei van die res van die samelewing en mag bydra tot vereensaming en isolasie.
    • Kostes verbonde aan die behoeftes van gestremdes kan gesinne ook ernstig impakteer omdat versorging by instansies en plekke van versorging duur is. Die staat maak nie voldoende voorsiening vir die behoeftes van gestremdes en hul gesinne nie. Die versorging van gestremde kinders mag ook impliseer dat een van die ouers se loopbane opgeoffer moet word twv die voltydse aandag en versoring wat geverg word.
    • Gedragsprobleme soos kommerwekkende of ontoepaslike seksuele gedrag, onaanvaarbare gedrag soos agressie, diefstal, drankmisbruik, traagheid tov bv persoonlike higiene of selfsorg en basiese takies, verkeerde vriende, opstandigheid oor huishoudelike reels ens kan geweldige druk op ouers plaas. “Daar is niemand so koppig en halstarrig soos ‘n gestremde persoon wat hakke inskop en weier om te doen wat van hom of haar verwag word nie!!” – woorde van ‘n onderwyseres en ma van persone met intellektuele gestremdheid.
    • Emosionele onvolwassenheid wat insig en keuses beperk, maar tog voel die gestremde persoon dat hy of sy ‘n grootmens met sekere regte, voorregte en vryhede behoort te wees.
    • Psigiatriese probleme soos depressie, angsteurnis ens kan ook by mense met gestremdheid voorkom en moet effektief behandel word.
    • Bemiddelaar tussen persoon met gestremdheid en samelewing – hierdie rol van heeltyd in die bresse te moet tree tussen die persoon met gestremdheid en die samelewing kan ouers baie moeg maak. Om die heeltyd te moet verduidelik en te moet veg sodat hul kinders met waardigheid hanteer word of moet verduidelik wat aangaan, stel dikwels baie hoë eise aan ouers.
    • Spanning binne gesinsverhoudings soos binne ‘n huwelik omdat ouers nie saamstem oor hantering van hul kind of een ouer so betrokke raak dat hy of sy die huweliksverhouding afskeep. Afskeep van ander kinders in die gesin agv die behoeftes van die kind met die gestremdheid is ook ‘n risiko vir ouerskap.

Verwagtinge

Dis baie belangrik dat ouers voortdurend goed ingelig bly oor hul kinders se diagnose en in die implikasies daarvan. Dit maak dat ouers realistiese verwagtinge het en verminder dus frustrasie en telleurstelling. Kry terugvoer van dokters, versorgers, maatskaplike werkers en ander professionele persone – sien die versorging en ontwikkeling van jou kind as ‘n spanpoging waar jou kind ook ‘n spanlid is. Dis, na my mening, een van die grootste uitdagings van ouerskap in die algemeen, naamlik om ‘n balans te vind tussen die ontwikkeling van jou kind en aanvaarding van sy/haar beperkinge. Met kinders met gestremdheid is dit net soveel moeiliker omdat ontwikkeling nie op ‘n algemeen-bekende manier gebeur wat voorspelbaar en vergelykbaar met ander is nie. Elke persoon met gestremdheid is ‘n unieke persoon met potensiaal en beperkinge. ‘n Mens wil nie graag hê dat hulle hul gestremdheid moet misbruik en daaragter moet skuil nie, maar mens wil ook beslis nie hê dat hulle voortdurend mislukking moet ervaar omdat hulle nie aan die eise en verwagtinge voldoen wat aan hulle gestel word nie. Dis maar ‘n probeer en tref proses om die balans te vind.

 Doelwitte en verandering waar probleme is

Stel klein bereikbare doelwitte en meet en dokumenteer suksesse. Dit kan help om te voorkom dat stadige vordering en resultate wel opgemerk en gevier word. As mense voel ALLES is verkeerd en NIKS werk nie moet ons hulle help om duidelike klein doelwitte te stel en sukses te meet. Moenie teen die ideaal meet nie, dis ontmoedigend, meet liewer klein stappies van vordering. Skryf dit neer sodat dit jou kan moed gee. Deel dit met iemand sodat jy nie net ‘n negatiewe storie het oor al die probleme, beperkings, bekommernisse en uitdagings nie.

 Menswaardige hantering

 Seisoen van Menswaardigheid: Luister, respek, liefde en omarming.

Alle mense is deur God geskape en het daarom die reg om met waardigheid behandel te word. ‘n Mens se waarde as mens is nie gesetel in daardie persoon se produktiwiteit of bydrae tot die samelewing nie maar in sy of haar geskapenheid deur God. Dis nogal ‘n moeilike idee om aan gewoond te raak binne ‘n samelewing wat so prestasie gerig is en waar mense se bydraes gemeet word en hul waarde toegesê word op grond van die bydraes wat hulle maak!!!

Gestremde persone voel netso sterk aan of mense hul met liefde en respek hanteer as enige ander persoon. Dis lê by ons gesindheid en houding teenoor ons gestremde kinders of ons hulle sal liefdevol en respekvol hanteer. As ons kwaad is, oorweldig voel, wrokkig (resentful) is teenoor ons kinders is of verbitterd en belas voel deur hul teenwoordigheid in ons lewe is dit moeilik om respekvol en liefdevol op te tree. Hulle voel dit aan. Ons gaan minder reg kry, die verhoudings gaan versuur.

Ek dink dis belangrik dat ouers wat met die uitdaging van gestremde kinders leef, die geleentheid sal kry om soms net te kla en te vertel hoe swaar dit is. (bietjie te vent) Sodoende kry hulle begrip en ondersteuning van ander. Dis baie belangrik. Wat nie goed is nie is:

  • Om in hul kinders se teenwoordigheid te praat oor die uitdagings wat hul kinders aan hul bied nie!! Dit is ‘n direkte aantasting van daardie kinders se menswaardigheid!
  • Skep veilige ruimtes weg van die kinders om te praat oor die uitdagings en mense ook op te voed daaroor – dit is belangrik!
  • Waarskuwing: Hoe meer jy die negatiewe stories oor jou ouerskap en jou kind vertel hoe meer skep jy die enkelvoudige stories en hoe moeiliker raak dit om die mooi en goeie te geniet.

Maak ‘n punt daarvan om op te let wat daar is wat jy van jou kind geniet of waardeer. Vertel aan ander ook daardie stories. Nooi ander uit om soortgelyke stories van jou kind te vertel. Vind oomblikke waar jy weer met jou liefde en deernis vir jou kind kan kontak maak soos bv wanneer hy of sy slaap of rustig sit en TV kyk. Kyk dan met oe van liefde en deernis, gaan kyk na kleinkind fotos en kyk of dit nie help nie. Vra ander om jou te herinner aan oomblikke waar hy of sy hulle plesier gegee het. Skryf “cute” goed van jou kind neer en lees dit wanneer jy besonder moedeloos voel. Meeste gestremde persone het sulke snaakse geite wat eie is aan hulle wat mens baie plesier kan gee.

Behou jou sin vir humor, moenie jouself te ernstig opneem nie!! Moenie die heeltyd dink of praat oor hoe jy ly nie.